Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar.
2Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi.
3Toe die wyn opraak, sĂȘ Jesus se moeder vir Hom: âHulle het nie meer wyn nie.â
4Maar Hy sĂȘ vir haar: âWaarom sĂȘ u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.â
5Sy moeder sĂȘ toe vir die kelners: âWat Hy ook al vir julle sĂȘ, moet julle doen.â
6Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou.
7Jesus sĂȘ toe vir die kelners: âMaak die kanne vol water.â Hulle het dit tot bo toe volgemaak.
8Toe sĂȘ Hy vir hulle: âSkep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.â Hulle het dit gedoen.
9Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom
10en sĂȘ vir hom: â'n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, diĂ© van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.â
11Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
12Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum toe gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie.
13Die paasfees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan.
14Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit.
15Toe het Hy met toutjies 'n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer.
16Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesĂȘ: âVat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.â
17Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: âDie liefde vir u huis verteer my.â
18Maar die Jode het Hom aangespreek en vir Hom gesĂȘ: âMet watter wonderteken kan u vir ons bewys dat u hierdie dinge mag doen?â
19Jesus het hulle geantwoord: âBreek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.â
20Die Jode sĂȘ toe: âSes en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?â
21Met âhierdie tempelâ het Hy egter sy liggaam bedoel.
22Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesĂȘ het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo.
23Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen.
24Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is.
25Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.