Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad.
2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesĂȘ: âRabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.â
3Daarop sĂȘ Jesus vir hom: âDĂt verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.â
4Nikodemus vra Hom toe: âHoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?â
5Jesus het geantwoord: âDit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.
6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesĂȘ het: Julle moet opnuut gebore word nie.
8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.â
9Nikodemus vra Hom toe: âMaar hoe is dit moontlik?â
10En Jesus antwoord hom: âJy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?
11Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie.
12Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel?
13Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.
14Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word,
15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hĂȘ.
16âGod het die wĂȘreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat diĂ© wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hĂȘ.
17God het nie sy Seun na die wĂȘreld toe gestuur om die wĂȘreld te veroordeel nie, maar sodat die wĂȘreld deur Hom gered kan word.
18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
19En so kom die skeiding: die lig het na die wĂȘreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.
20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie.
21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.â
22Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het 'n rukkie daar gebly en mense gedoop.
23Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop.
24Johannes was nog nie in die tronk gesit nie.
25Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en 'n Jood 'n woordewisseling ontstaan oor die reiniging.
26Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesĂȘ: âRabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.â
27Johannes het hulle geantwoord: âNiemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie.
28Julle is self my getuies dat ek gesĂȘ het: âEk is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.â
29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.
30Hy moet meer word en ek minder.
31âHy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
32Wat Hy gesien en gehoor het, dĂt getuig Hy, en tog aanvaar niemand sy getuienis nie.
33Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat God geloofwaardig is.
34God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.
35Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
36Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.â