Afrikaans 1983 Bible - 54 verses
1Die FariseĂ«rs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. â
2Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. â
3Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.
4Hy moes deur Samaria gaan.
5Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
7Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: âGee My 'n bietjie water om te drink.â
8Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.
9Die Samaritaanse vrou sĂȘ toe vir Hom: âHoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?â Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.
10Jesus het haar geantwoord: âAs jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sĂȘ: âGee My 'n bietjie water om te drink,â sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.â
11Die vrou sĂȘ toe vir Hom: âMeneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?
12Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?â
13Maar Jesus antwoord haar: âElkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
14maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.â
15Die vrou het vir Hom gesĂȘ: âMeneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.â
16Hy sĂȘ toe vir haar: âGaan roep jou man en kom terug hierheen.â
17Die vrou het Hom geantwoord: âEk het nie 'n man nie.â En Jesus sĂȘ vir haar: âDis reg wat jy nou gesĂȘ het: âEk het nie 'n man nie.â
18Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.â
19Die vrou het vir Hom gesĂȘ: âMeneer, ek sien dat u 'n profeet is.
20Ons voorouers het God op hierdie berg aanbid, en tog sĂȘ julle die plek waar 'n mens God moet aanbid, is in Jerusalem.â
21Jesus sĂȘ toe vir haar: âGlo My, Mevrou, daar kom 'n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.
22Julle aanbid sonder om te weet wat julle aanbid; ons weet wat ons aanbid, want die verlossing kom uit die Jode.
23Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hĂȘ dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen.
24God is Gees, en diĂ© wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.â
25Die vrou het vir Hom gesĂȘ: âEk weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.â
26Toe sĂȘ Jesus vir haar: âDit is Ek, Ek wat met jou praat.â
27Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: âWat wil jy hĂȘ?â of vir Hom: âWaarom praat U met haar?â nie.
28Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesĂȘ:
29âKom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?â
30Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom.
31Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: âRabbi, eet tog 'n stukkie.â
32Maar Hy sĂȘ vir hulle: âEk het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.â
33Die dissipels sĂȘ toe vir mekaar: âSou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?â
34Maar Jesus het vir hulle gesĂȘ: âMy voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
35SĂȘ julle nie: âNog vier maande, dan is die oes daarâ nie? Maar Ek sĂȘ vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.
36Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly.
37Hier is die gesegde waar: âDie een saai, en die ander een maai.â
38Ek het julle gestuur om 'n oes in te samel waaraan julle nie gearbei het nie. Ander het gearbei, en julle pluk die vrug van hulle arbeid.â
39Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: âHy het my alles vertel wat ek gedoen het.â
40Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly.
41Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesĂȘ het;
42en hulle het vir die vrou gesĂȘ: âOns glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wĂȘreld is.â
43NĂĄ die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan.
44Hy het self verklaar dat 'n profeet nie in sy eie land geëer word nie,
45maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees.
46Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was.
47Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelĂȘ.
48Jesus sĂȘ toe vir hom: âAs julle nie tekens en wonders sien nie, glo julle eenvoudig nie.â
49En toe sĂȘ die amptenaar vir Hom: âHere, kom tog voordat my kindjie sterwe.â
50Maar Jesus sĂȘ vir hom: âGaan maar huis toe, jou seun lewe.â Die man het geglo wat Jesus vir hom gesĂȘ het, en gegaan.
51Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe.
52Hy vra hulle toe presies wanneer hy begin beter word het, en hulle antwoord hom: âGistermiddag eenuur het die koors hom verlaat.â
53Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesĂȘ het: âJou seun lewe.â En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom.
54Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.