Afrikaans 1983 Bible - 71 verses
1Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word.
2'n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het.
3Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit.
4Die paasfees van die Jode was naby.
5Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sĂȘ Hy vir Filippus: âWaar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?â
6Dit het Hy net gesĂȘ om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
7Filippus antwoord Hom toe: âTwee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.â
8'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sĂȘ toe vir Hom:
9âHier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?â
10Toe sĂȘ Jesus: âLaat die mense gaan sit.â Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend.
11Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hĂȘ.
12Nadat die mense versadig was, sĂȘ Hy vir sy dissipels: âMaak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.â
13Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het.
14Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesĂȘ: âHy is werklik die Profeet, die Een wat na die wĂȘreld toe moes kom.â
15Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.
16Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan,
17in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie.
18Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het.
19Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword.
20Maar Hy sĂȘ vir hulle: âDit is Ek; moenie bang wees nie.â
21Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
22Die mense wat oorkant die see was, het gesien dat daar net een skuitjie is en geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit geklim het nie, maar dat hulle alleen weggevaar het. Die volgende dag
23kom daar toe ander skuitjies van Tiberias af aan naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat die Here daarvoor gedank het.
24Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus.
25En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: âRabbi, wanneer het u hierheen gekom?â
26Jesus antwoord hulle: âDĂt verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geĂ«et en versadig geword het.
27Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.â
28Hulle vra Hom toe: âWat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?â
29En Jesus antwoord hulle: âWat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.â
30Hulle sĂȘ toe vir Hom: âWatter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen?
31Ons voorouers het manna in die woestyn geĂ«et, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet. â
32Jesus het hulle geantwoord: âDĂt verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee.
33Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wĂȘreld die lewe gee.â
34Hulle sĂȘ toe vir Hom: âMeneer, gee ons tog altyd hierdie brood.â
35Maar Jesus sĂȘ vir hulle: âEk is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
36Maar wat julle betref, Ek het reeds gesĂȘ: Julle sien My, en tog glo julle nie in My nie.
37âElkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.
38Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.
40Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hĂȘ; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.â
41Die Jode het gemor omdat Hy gesĂȘ het: âEk is die brood wat uit die hemel gekom het.â
42Hulle het gesĂȘ: âIs dit nie Jesus die seun van Josef nie? Ons ken mos sy pa en ma. Hoe kan hy nou sĂȘ: Ek kom uit die hemel?â
43Jesus sĂȘ toe vir hulle: âMoenie so onder mekaar mor nie.
44Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
45By een van die profete staan daar geskrywe: âEn hulle sal almal mense wees wat deur God geleer is.â Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe.
46Dit wil nie sĂȘ dat iemand anders al die Vader gesien het nie; net Hy wat van God af kom, Hy het die Vader gesien.
47âDit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe.
48Ek is die brood wat lewe gee.
49Julle voorouers het in die woestyn manna geëet en tog gesterwe.
50Maar hier is die brood wat uit die hemel kom sodat 'n mens daarvan kan eet en nie sterwe nie.
51Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wĂȘreld kan lewe.â
52Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesĂȘ: âHoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?â
53Maar Jesus sĂȘ vir hulle: âDit verseker Ek julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie.
54Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
55My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank.
56Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
58Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die manna wat julle voorouers geĂ«et het nie. Hulle het dit geĂ«et en tog gesterwe. Wie hierdie brood eet, sal ewig lewe.â
59Dit het Jesus gesĂȘ toe Hy die mense in die sinagoge in Kapernaum geleer het.
60Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesĂȘ: âWat Hy nou sĂȘ, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?â
61Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sĂȘ vir hulle: âSkrik dit julle af?
62Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was?
63Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesĂȘ het, kom van die Gees en gee lewe.
64Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.â Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.
65Verder het Hy gesĂȘ: âDaarom het Ek vir julle gesĂȘ niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.â
66Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
67Toe vra Jesus vir die twaalf: âWil julle nie ook weggaan nie?â
68Simon Petrus het Hom geantwoord: âHere, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.
69En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.â
70Jesus het daarop vir hulle gesĂȘ: âHet Ek nie self julle twaalf uitgekies nie? En een van julle is 'n duiwel!â
71Hy het Judas die seun van Simon Iskariot bedoel, want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.