Afrikaans 1983 Bible - 53 verses
1Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.
2Maar die huttefees van die Jode was naby.
3Jesus se broers sĂȘ toe vir Hom: âGaan 'n bietjie hiervandaan na Judea toe dat jou dissipels daar ook die wonderdade kan sien wat jy doen.
4'n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wĂȘreld bekend.â
5Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.
6Jesus sĂȘ toe vir hulle: âVir My het die tyd nog nie gekom nie, maar vir julle is enige tyd reg.
7Die wĂȘreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is.
8Gaan julle maar fees toe. Ek gaan nie na hierdie fees toe nie, omdat die tyd vir My nog nie reg is nie.â
9Dit het Hy vir hulle gesĂȘ, en Hy het daar in Galilea gebly.
10Nadat Jesus se broers na die huttefees toe vertrek het, het Hy self tog ook gegaan, nie openlik nie maar onopvallend.
11Die Jode het toe by die fees na Hom gesoek en gevra: âWaar is hy?â
12Onder die feesmenigte is daar baie oor Hom gefluister. Party mense het gesĂȘ: âHy is 'n goeie man.â Maar ander het gesĂȘ: âNee, hy mislei die mense.â
13Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, omdat hulle bang was vir die Jode.
14Toe die feestyd al halfpad verby was, het Jesus na die tempel toe gegaan en die mense daar geleer.
15Die Jode was verbaas en het gesĂȘ: âWaar kom hy aan die geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!â
16Jesus het vir hulle gesĂȘ: âWat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het.
17As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat.
18Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.
19Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?â
20âJy is van die duiwel besete!â het die mense uitgeroep. âWie wil jou doodmaak?â
21Jesus het toe verder vir hulle gesĂȘ: âJulle is almal ontsteld oor een ding wat Ek gedoen het.
22Omdat Moses die besnydenis vir julle gegee het â en eintlik kom dit nie eens van Moses af nie, maar van die aartsvaders â besny julle ook op 'n sabbatdag.
23As iemand op 'n sabbatdag die besnydenis mag ontvang om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek op 'n sabbatdag iemand se hele liggaam gesond gemaak het?
24Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig.â
25Intussen het party van die inwoners van Jerusalem gesĂȘ: âIs dit nie die man vir wie hulle wil doodmaak nie?
26En hier praat hy nou in die openbaar, en hulle sĂȘ niks teen hom nie. Het die lede van die Joodse Raad miskien werklik tot die oortuiging gekom dat hy die Christus is?
27Ons weet tog waar hierdie man vandaan kom; maar wanneer die Christus kom, sal niemand weet waar HĂœ vandaan kom nie.â
28Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: âJa, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het, en vir Hom ken julle nie.
29Ek ken Hom, omdat Ek van Hom af kom en Hy My gestuur het.â
30Hulle wou Hom toe gevange neem, en tog het niemand dit gedoen nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie.
31Maar baie van die mense het tot geloof in Hom gekom en het gesĂȘ: âWanneer die Christus kom, sal Hy tog seker nie meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het nie?â
32Die Fariseërs het gehoor wat die mense oor Hom fluister, en hulle en die priesterhoofde het wagte gestuur om Hom gevange te neem.
33Jesus sĂȘ toe: âNog net 'n kort tydjie is Ek by julle, en dan gaan Ek terug na Hom toe wat My gestuur het.
34Julle sal My soek en My nie kry nie, want waar Ek dan is, kan julle nie kom nie.â
35Toe sĂȘ die Jode vir mekaar: âWaarheen sou hy van plan wees om te gaan dat ons hom nie sal kry nie? Hy is tog nie van plan om na die Griekssprekende Jode in die buiteland te gaan en die Grieke daar te leer nie?
36Wat bedoel hy met die woorde: Julle sal My soek en My nie kry nie, want waar Ek dan is, kan julle nie kom nie?â
37Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: âAs iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
38Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sĂȘ: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. â
39Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.
40Party van die mense wat hierdie woorde gehoor het, het gesĂȘ: âHy is werklik die Profeet.â
41Party het gesĂȘ: âHy is die Christus.â Maar party het gesĂȘ: âDie Christus kom tog nie uit Galilea nie?
42Die Skrif sĂȘ mos die Christus kom uit die nageslag van Dawid en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was.â
43Daar het toe verdeeldheid oor Hom onder die mense gekom.
44Party van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het dit gedoen nie.
45Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die FariseĂ«rs toe teruggegaan, en diĂ© het vir hulle gevra: âWaarom het julle hom nie gebring nie?â
46Die wagte het geantwoord: âNog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.â
47Die FariseĂ«rs sĂȘ toe vir hulle: âIs julle tog nie ook mislei nie?
48Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs?
49Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!â
50Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sĂȘ toe vir hulle:
51âVolgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.â
52Hulle sĂȘ toe vir hom: âJy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.â
53Hierna is hulle elkeen na sy huis toe,