Afrikaans 1983 Bible - 41 verses
1Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was.
2Sy dissipels vra Hom toe: âRabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?â
3En Jesus antwoord: âDit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.
4So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.
5Terwyl Ek in die wĂȘreld is, is Ek die lig vir die wĂȘreld.â
6Nadat Hy dit gesĂȘ het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg 'n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oĂ«
7en sĂȘ vir hom: âGaan was jou in die Siloambad.â Siloam beteken die een wat gestuur is. Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
8Sy bure en die ander mense wat hom voorheen as bedelaar geken het, sĂȘ toe: âMaar is dit dan nie die man wat gesit en bedel het nie?â
9Party van hulle het gesĂȘ: âDit is hy!â Maar party het gesĂȘ: âNee, hy lyk maar net soos daardie man.â âDit is ek!â het hy self gesĂȘ.
10Hulle vra toe vir hom: âMaar hoe het jou oĂ« dan reg gekom?â
11En hy antwoord: âDie man met die naam Jesus het 'n bietjie klei aangemaak en dit aan my oĂ« gesmeer en vir my gesĂȘ: âGaan na Siloam toe en was jou.â Ek het gegaan en my gewas, en ek kon sien!â
12âWaar is hy nou?â vra hulle hom toe. âEk weet nie,â was sy antwoord.
13Daarna het die mense die man wat eers blind was, na die Fariseërs toe gebring.
14Dit was op 'n sabbatdag dat Jesus die klei aangemaak en die man se oë genees het.
15Die FariseĂ«rs het hom ook weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien. Hy het hulle geantwoord: âHy het klei op my oĂ« gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.â
16Party van die FariseĂ«rs sĂȘ toe: âHierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie.â Maar van die ander het gesĂȘ: âHoe kan iemand wat 'n sondaar is, sulke wondertekens doen?â En daar was verdeeldheid onder hulle.
17Hulle sĂȘ toe weer vir die man wat blind was: âWat sĂȘ jĂœ van hom? Hy het mos jou oĂ« genees.â âHy is 'n profeet,â het hy geantwoord.
18Die Jode het nie geglo dat die man blind was en nou kon sien nie, totdat hulle sy ouers geroep
19en vir hulle gevra het: âIs dit julle seun van wie julle beweer dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?â
20âOns weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,â het sy ouers geantwoord.
21âMaar hoe hy nou sien, weet ons nie. En wie sy oĂ« genees het, weet ons ook nie. Vra hom self. Hy is oud genoeg; hy kan vir homself praat.â
22Sy ouers het dit gesĂȘ omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het toe al klaar met mekaar afgespreek dat iemand wat openlik verklaar dat Jesus die Christus is, uit die sinagoge geban sal word.
23Daarom het sy ouers gesĂȘ: âHy is oud genoeg; vra hom self.â
24Die Jode het toe die tweede keer die man wat blind was, geroep en vir hom gesĂȘ: âPraat die waarheid voor God; ons weet mos hierdie man is 'n sondaar.â
25Daarop het hy gesĂȘ: âOf hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.â
26Hulle sĂȘ toe vir hom: âWat het hy met jou gemaak? Hoe het hy jou oĂ« genees?â
27âEk het julle mos al vertel, en julle het nie geluister nie,â antwoord hy. âHoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook dissipels van hom word nie?â
28Toe skel hulle hom uit en sĂȘ: âJĂœ is 'n dissipel van hom. Ăns is dissipels van Moses.
29Ons weet dat God met Moses gepraat het; maar hierdie man â ons weet nie waar hy vandaan kom nie.â
30âDis darem snaaks,â sĂȘ hy daarop vir hulle. âJulle weet nie waar hy vandaan kom nie, en tog het hy my oĂ« genees.
31Ons weet dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hĂȘ, luister God na hom.
32Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van een wat blind gebore is, genees het nie.
33As hierdie man nie van God was nie, sou hy niks kon doen nie.â
34Hulle sĂȘ toe vir hom: âJy is van jou geboorte af die ene sonde, en wil jy ons staan en leer?â En hulle het hom uitgeban.
35Jesus het gehoor dat die Jode die man uitgeban het; en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom: âGlo jy in die Seun van die mens?â
36Hy het geantwoord: âWie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo?â
37Jesus het vir hom gesĂȘ: âJy sien Hom. Dit is Hy wat met jou praat.â
38Die man sĂȘ toe: âEk glo, Here!â En hy het Hom aanbid.
39Toe sĂȘ Jesus: âEk het na hierdie wĂȘreld toe gekom met die oog op 'n beslissing, sodat diĂ© wat nie sien nie, kan sien, en diĂ© wat sien, kan blind word.â
40Party FariseĂ«rs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesĂȘ: âOns is mos nie blind nie!â
41Jesus antwoord hulle: âAs julle blind was, sou julle nie skuldig gewees het nie; maar nou sĂȘ julle: âOns sien.â Daarom bly julle skuldig.â