Afrikaans 1983 Bible - 59 verses
1maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan.
2Die volgende mĂŽre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer.
3Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan.
4Hulle het vir Hom gesĂȘ: âMeneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het.
5Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sĂȘ u?â
6Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe.
7Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesĂȘ: âLaat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.â
8Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe.
9Toe hulle hoor wat Hy sĂȘ, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense.
10Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: âMevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?â
11âNiemand nie, Here,â sĂȘ sy. Toe sĂȘ Jesus: âEk doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.â
12Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesĂȘ: âEk is die lig vir die wĂȘreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hĂȘ wat lewe gee.â
13Die FariseĂ«rs sĂȘ toe vir Hom: âJy getuig oor jouself; jou getuienis is dus nie geldig nie.â
14Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âAl getuig Ek ook oor Myself, is my getuienis geldig, omdat Ek weet waar Ek vandaan gekom het en waarheen Ek teruggaan. Maar julle weet nie waar Ek vandaan kom of waarheen Ek gaan nie.
15Julle oordeel oor iemand volgens sy uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie.
16En as Ek oor iemand oordeel, is my oordeel reg, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.
17In julle wet staan daar geskrywe dat die getuienis van twee persone geldig is.
18Nou ja, oor My getuig Ek self Ă©n die Vader wat My gestuur het.â
19Toe vra hulle vir Hom: âEn waar is die vader van jou?â Jesus het geantwoord: âJulle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.â
20Hierdie dinge het Hy gesĂȘ in die vertrek waar die offergawekiste gestaan het. Hy was toe besig om die mense in die tempel te leer. En tog het niemand Hom gevange geneem nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie.
21Verder het Jesus vir hulle gesĂȘ: âEk gaan weg, en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde sterwe. Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie.â
22Die Jode het toe gesĂȘ: âGaan hy dalk selfmoord pleeg, dat hy sĂȘ: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie?â
23Toe sĂȘ Hy vir hulle: âJulle is van hier onder; Ek is van daar bo. Julle behoort tot hierdie wĂȘreld; Ek behoort nie tot hierdie wĂȘreld nie.
24Daarom het Ek vir julle gesĂȘ julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.â
25Hulle vra Hom toe: âWie is jy?â Jesus het hulle geantwoord: âWaarom praat Ek eintlik nog met julle?
26Ek kan baie dinge oor julle sĂȘ en 'n oordeel oor julle uitspreek; maar Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en net wat Ek by Hom gehoor het, sĂȘ Ek vir die wĂȘreld.â
27Hulle het nie begryp dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.
28Daarna sĂȘ Jesus vir hulle: âEers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het.
29Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.â
30Terwyl Hy hierdie dinge gesĂȘ het, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom.
31Toe sĂȘ Jesus vir die Jode wat in Hom glo: âAs julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels;
32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.â
33Hulle het Hom geantwoord: âOns is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sĂȘ: âJulle sal vry wordâ?â
34Jesus sĂȘ toe vir hulle: âDĂt verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.
35'n Slaaf bly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd.
36Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.
37Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat my woorde nie ingang by julle vind nie.
38Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het; en julle doen wat julle by julle vader gehoor het.â
39Hulle het vir Hom gesĂȘ: âOns vader is Abraham.â Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âAs julle kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het.
40Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. DĂt is nie wat Abraham gedoen het nie.
41Julle doen wat julle vader gedoen het.â Hulle sĂȘ toe vir Hom: âOns is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.â
42Maar Jesus sĂȘ vir hulle: âAs God julle Vader was, sou julle My liefhĂȘ, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar HĂœ het My gestuur.
43Waarom begryp julle nie wat Ek sĂȘ nie? Omdat julle my boodskap nie kĂĄn verstaan nie!
44Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hĂȘ julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.
45En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie.
46Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie?
47Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.â
48Die Jode het toe vir Hom gesĂȘ: âOns het mos gesĂȘ jy is 'n Samaritaan en van die duiwel besete!â
49Jesus het geantwoord: âEk is nie van die duiwel besete nie, maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
50Ek soek egter nie na eer vir Myself nie; daar is Een wat eer vir My soek, en Hy is regter.
51DĂt verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.â
52Die Jode sĂȘ toe vir Hom: âNou is ons seker dat jy van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete ook, en tog sĂȘ jy: âAs iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.â
53Jy is tog nie groter as ons voorvader Abraham wat gesterf het nie? En die profete het gesterwe. Wie verbeel jy jou is jy?â
54Maar Jesus antwoord: âAs Ek Myself verheerlik, beteken my heerlikheid niks. Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sĂȘ: âHy is ons God,â
55en tog ken julle Hom nie. Maar Ek ken Hom. As Ek sĂȘ Ek ken Hom nie, sal Ek net soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom, en Ek neem sy woorde ter harte.
56Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van my koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly.â
57Die Jode sĂȘ toe vir Hom: âJy is nog nie eens vyftig jaar oud nie, en het jy vir Abraham gesien?â
58Jesus het hulle geantwoord: âDĂt verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.â
59Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Maar Jesus het gaan skuil en van die tempel af weggegaan.