Afrikaans 1983 Bible - 30 verses
1âBroers en vaders, luister na wat ek nou tot my verdediging vir julle wil sĂȘ.â
2Toe hulle hoor dat hy Hebreeus praat, het hulle nog stiller geword.
3Hy gaan toe voort: âEk is 'n Jood wat in Tarsus in SilisiĂ« gebore is, maar ek het hier in Jerusalem grootgeword. As leerling van GamaliĂ«l is ek volgens die streng opvatting van die wet van die voorvaders opgevoed, en ek was net so 'n kampvegter vir God soos julle almal vandag is.
4Ek wou die mense wat die leer van Christus volg, totaal uitroei. Mans sowel as vrouens het ek gevange geneem en in tronke laat stop.
5Dit kan die hoëpriester en die hele Joodse Raad bevestig. Van hulle het ek selfs bekendstellingsbriewe aan die Joodse broers in Damaskus gekry om ook daar hierdie mense in hegtenis te gaan neem en Jerusalem toe te bring om gestraf te word.
6âTerwyl ek op reis was en naby Damaskus gekom het, het daar teen die middag skielik 'n sterk lig uit die hemel op my gestraal.
7Ek het op die grond neergeval en 'n stem vir my hoor sĂȘ: âSaul, Saul, waarom vervolg jy My?â
8âWie is U, Here?â het ek gevra. âEk is Jesus van Nasaret,â het Hy my geantwoord. âDit is vir My wat jy vervolg.â
9âDie mense wat saam met my was, het wel die lig gesien, maar nie die stem verstaan van Hom wat met my gepraat het nie.
10Toe vra ek: âWat moet ek doen, Here?â Die Here sĂȘ toe vir my: âStaan op en gaan na Damaskus toe. DĂĄĂĄr sal alles vir jou gesĂȘ word wat God bepaal het dat jy moet doen.â
11âDie skerp lig het my blind gemaak, en my reisgenote moes my aan die hand lei. So het ek in Damaskus aangekom.
12'n Sekere Ananias, 'n man wat getrou volgens die wet van Moses gelewe het en by al die Jode in die stad hoog aangeskrewe was,
13het na my toe gekom. Hy het by my kom staan en gesĂȘ: âSaul, broer, jy kan weer sien!â En dadelik kon ek hom sien.
14Toe sĂȘ hy: âDie God van ons voorvaders het jou uitgekies om sy wil te ken, die Regverdige te sien en sy stem te hoor,
15want jy sal vir alle mense sy getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.
16En nou, waarom nog wag? Kom, laat jou doop en jou sondes afwas nadat jy sy Naam aangeroep het.â
17âEk het na Jerusalem toe teruggegaan, en terwyl ek by die tempel besig was om te bid, het ek in geesvervoering geraak
18en die Here gesien wat vir my gesĂȘ het: âMaak gou en gaan dadelik uit Jerusalem weg. Die mense hier sal nie aanvaar wat jy oor My getuig nie.â
19Toe het ek gesĂȘ: âJa, Here, hulle weet dat ek die man is wat oral in die sinagoges die mense wat in U glo, laat vang en laat slaan het.
20En toe Stefanus, u getuie, se bloed vergiet is, het ek self daarby gestaan. Ek het dit goedgekeur en sy moordenaars se klere opgepas.â
21Toe het die Here vir my gesĂȘ: âJy moet hiervandaan weggaan, want Ek wil jou ver weg stuur, na die heidene toe.â â
22Meer as dit wou die skare nie hoor nie, en hulle het begin skreeu: âWeg met hom! So 'n man behoort nie te bly lewe nie!â
23Die skare het geskreeu, hulle klere uitgepluk en stof in die lug opgegooi.
24Die kommandant het toe beveel dat Paulus in die kaserne ingebring moet word en dat hy gegesel moet word om vas te stel hoekom die skare hom so uitgejou het.
25Hulle het hom alreeds vir die geseling vasgebind gehad toe Paulus vir die kaptein wat daarby staan, vra: âMag julle 'n Romeinse burger gesel, en boonop nog sonder verhoor?â
26Toe die kaptein dit hoor, gaan hy na die kommandant toe en sĂȘ: âWat gaan u doen? Hierdie man is 'n Romeinse burger.â
27Die kommandant gaan vra toe vir Paulus: âSĂȘ vir my, is jy 'n Romeinse burger?â âJa,â antwoord Paulus.
28Toe sĂȘ die kommandant: âEk het 'n groot som geld betaal om die burgerreg te verkry.â En Paulus sĂȘ: âMaar ek het dit deur geboorte gekry.â
29Die soldate wat vir Paulus moes gesel, het hom dadelik losgemaak, en selfs die kommandant het bang geword toe hy besef dat Paulus 'n Romeinse burger is en dat hy hom laat boei het.
30Omdat die kommandant presies te wete wou kom wat die Jode teen Paulus het, het hy die volgende dag bevel gegee dat die priesterhoofde en die hele Joodse Raad bymekaar moet kom. Hy het Paulus laat haal en voor hulle gebring.