Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Paulus het die lede van die Joodse Raad vierkantig in die oĂ« gekyk en gesĂȘ: âBroers, ek het heeltemal 'n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het.â
2Toe beveel die hoëpriester Ananias die mense wat by Paulus staan, om hom op sy mond te slaan.
3Daarop sĂȘ Paulus vir hom: âGod sal jou slaan, jou skynheilige! Jy sit hier om my volgens ons wet te verhoor, maar in stryd met die wet beveel jy dat ek geslaan moet word.â
4Die mense wat by Paulus staan, sĂȘ toe vir hom: âSkel jy die hoĂ«priester van God uit?â
5Daarop antwoord hy: âEk het nie geweet dat hy die hoĂ«priester is nie, broers. Dit Ăs soos daar geskrywe staan: Jy mag nie 'n leier van jou volk beledig nie. â
6Paulus het geweet dat die Raad deels uit SadduseĂ«rs en deels uit FariseĂ«rs bestaan. Hy roep toe in die Raad uit: âBroers, ek is 'n FariseĂ«r en ek kom uit 'n familie van FariseĂ«rs. Dit is oor die verwagting dat die dooies weer sal opstaan dat ek verhoor word.â
7Toe hy dit sĂȘ, het daar rusie tussen die FariseĂ«rs en die SadduseĂ«rs ontstaan, en die vergadering het verdeeld geraak.
8Die Sadduseërs ontken dat daar 'n opstanding uit die dood is en dat daar engele en geeste bestaan, maar die Fariseërs aanvaar wel albei hierdie dinge.
9'n Hewige woordewisseling het toe ontstaan. 'n Paar skrifgeleerdes van die party van die FariseĂ«rs het opgespring, heftig beswaar gemaak en gesĂȘ: âOns het niks teen hierdie man nie. Miskien het daar 'n gees of 'n engel met hom gepraat.â
10Die rusie het so hewig geword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarom het die kommandant sy soldate beveel om hom tussen hulle te gaan uithaal en terug te bring na die kaserne toe.
11Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesĂȘ: âHou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook nog doen.â
12Die volgende dag het die Jode 'n komplot teen Paulus gesmee. Hulle het gesweer dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie.
13Daar was meer as veertig mense wat so saamgesweer het.
14Hulle het na die priesterhoofde en die familiehoofde toe gegaan en gesĂȘ: âOns het 'n dure eed afgelĂȘ dat ons niks oor ons lippe sal neem voordat ons Paulus doodgemaak het nie.
15Julle moet nou namens die Joodse Raad die versoek aan die kommandant rig dat Paulus weer voor julle gebring moet word. Julle kan voorgee dat julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Ons is reg om hom op pad hierheen dood te maak.â
16Maar die seun van Paulus se suster het gehoor van die plan om hom voor te lĂȘ en kaserne toe gekom en dit vir Paulus gaan vertel.
17Toe laat Paulus een van die kapteins roep en sĂȘ vir hom: âVat hierdie jongman asseblief na die kommandant toe, want hy het 'n boodskap vir hom.â
18Hy vat hom toe na die kommandant toe en sĂȘ: âPaulus, die gevangene, het my laat roep en my gevra om hierdie jongman na u toe te bring. Hy het iets om vir u te sĂȘ.â
19Die kommandant vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant en vra vir hom: âWat is dit wat jy my wil vertel?â
20Hy het geantwoord: âDie Jode het saamgesweer om u te vra om Paulus mĂŽre weer voor die Raad te bring, sogenaamd om sy saak noukeuriger te ondersoek.
21U moet hulle tog nie glo nie, want meer as veertig van hulle wil hom voorlĂȘ. Hulle het gesweer dat hulle nie sal eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie. Hulle sit klaar en hulle wag nou net dat u hulle versoek moet toestaan.â
22Die kommandant sĂȘ toe vir hom: âMoet vir niemand sĂȘ dat jy dit vir my vertel het nie.â En hy het hom toe laat gaan.
23Die kommandant het toe twee kapteins geroep en hulle beveel: âMaak twee honderd soldate, sewentig perderuiters en twee honderd spiesvegters gereed om teen nege-uur vanaand na Sesarea toe te vertrek.
24Sorg dat daar rydiere is, sodat Paulus veilig na Feliks, die goewerneur, oorgebring kan word.â
25Toe skrywe hy 'n brief met die volgende inhoud:
26âVan Claudius Lisias. âAan die hooggeagte goewerneur Feliks. âGroete.
27âDie Jode het hierdie man gevang en hulle het op die punt gestaan om hom dood te maak toe ek met my soldate ingegryp en hom gered het, omdat ek te wete gekom het dat hy 'n Romeinse burger is.
28Omdat ek wou uitvind wat hulle beskuldiging teen hom is, het ek hom voor hulle Raad gebring.
29Dit blyk dat hulle hom aankla oor twispunte in verband met hulle wet, maar dat hy niks gedoen het wat die dood of tronkstraf verdien nie.
30Toe aan my meegedeel is dat daar 'n komplot teen die man gesmee is, het ek hom dadelik na u toe gestuur. Vir sy aanklaers het ek gesĂȘ om hulle klagte aan u voor te lĂȘ.â
31Die soldate het hulle opdrag uitgevoer en Paulus dwarsdeur die nag begelei tot in Antipatris.
32Die volgende dag het hulle die ruitery met Paulus verder laat gaan en self teruggekeer kaserne toe.
33Die ruitery het in Sesarea aangekom, die brief aan die goewerneur afgelewer en Paulus aan hom oorhandig.
34Hy het die brief gelees en vir Paulus gevra van watter provinsie hy afkomstig is. Toe hy hoor dat hy van Silisië af kom,
35het hy gesĂȘ: âEk sal jou verhoor sodra jou aanklaers kom.â Daarna het hy beveel dat Paulus in die paleis van Herodes bewaak moet word.