Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Toe vra die Efraimiete vir Gideon: âWaarom het jy so gemaak met ons? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?â Die Efraimiete het teen hom uitgevaar,
2maar hy het vir hulle gesĂȘ: âWat het ek gedoen in vergelyking met julle? Was die na-oes van Efraim se druiwe nie in hierdie geval baie beter as die volle oes van AbiĂ«ser nie?
3God het die leiers van die Midianiete, Oreb en SeĂ«b, in julle mag oorgegee. Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie.â Eers tóé het hulle bui gesak.
4Daarna het Gideon by die Jordaan gekom en dit oorgesteek met die drie honderd man by hom. Hulle was moeg, maar hulle het aangehou om die vyand te agtervolg.
5Toe sĂȘ Gideon vir die mense van Sukkot: âGee tog brood vir die manne wat by my is. Hulle is moeg en ek is besig om die Midianitiese konings Sebag en Salmunna te agtervolg.â
6Maar die leiers van Sukkot het vir hom gevra: âHet jy al vir Sebag en Salmunna gevang dat ons vir jou en jou leĂ«r moet brood gee?â
7Gideon het vir hulle gesĂȘ: âWanneer die Here vir Sebag en Salmunna in my mag oorgegee het, sal ek julle kom stukkend skeur met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.â
8Van daar af is hy verder na Pniël toe en hy het ook vir hulle kos gevra, maar die mense van Pniël het hom dieselfde antwoord gegee as dié van Sukkot.
9Toe sĂȘ hy vir die mense van PniĂ«l: âWanneer ek as oorwinnaar terugkom, sal ek die toring in julle stad platslaan.â
10Sebag en Salmunna was toe in Karkor. By hulle was 'n leër van ongeveer vyftien duisend man. Dit was al wat oorgebly het van die leër van die mense uit die ooste; honderd en twintig duisend van hulle beste soldate het gesneuwel.
11Gideon het toe die Nomadepad ooste toe gevat, na Nobag en Jogboha toe. Die leër van die Midianiete was houtgerus en Gideon het hulle aangeval.
12Sebag en Salmunna het gevlug, maar Gideon het hulle agternagesit en die twee Midianitiese konings gevang. Hy het die hele leër met skrik vervul.
13Gideon seun van Joas is toe van die slagveld af terug oor Gerespas.
14Hy het 'n jong man uit Sukkot gevang en hom ondervra. Die jong man het toe vir hom die name van die sewe en sewentig amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf.
15Gideon is toe na die mense van Sukkot toe en hy het vir hulle gesĂȘ: âHier is Sebag en Salmunna oor wie julle my gespot het toe julle gesĂȘ het: Is Sebag en Salmunna al in jou mag dat ons vir jou moeĂ« manne kos moet gee?â
16Toe het hy die leiers van die stad gevat en hulle 'n les geleer met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.
17Hy het ook die toring van Pniël platgeslaan en die mense van die stad doodgemaak.
18Toe het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: âWatter soort mense is deur julle vermoor op Tabor?â en hulle antwoord: âHulle was almal soos u, elkeen het soos 'n koningskind gelyk.â
19Gideon sĂȘ toe: âHulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.â
20Toe beveel Gideon sy oudste seun Jeter: âKom, maak hulle dood!â Maar die seun het nie 'n vinger verroer nie, want hy was 'n blote kind en hy was bang.
21Toe sĂȘ Sebag en Salmunna vir Gideon: âKom jy, bring jy ons om die lewe. 'n Man se krag lĂȘ in homself.â Gideon het opgestaan en vir Sebag en Salmunna doodgemaak. Hy het die maanversierings aan hulle kamele se nekke vir hom gevat.
22Die Israeliete het vir Gideon gesĂȘ: âJy moet oor ons regeer: jy, jou seun en sy nageslag. Jy het ons gered uit die mag van Midian.â
23Maar hy sĂȘ vir hulle: âEk kan nie oor julle regeer nie, ook nie my nageslag nie. Die Here regeer oor julle.â
24Gideon het verder vir hulle gesĂȘ: âEk wil julle egter een ding vra: elkeen van julle moet vir my 'n oorring gee uit die buit wat julle by die Midianiete afgevat het; hulle dra mos goue oorringe.â
25Die Israeliete het geantwoord: âDit doen ons graag.â Hulle het 'n doek oopgegooi en elkeen het 'n oorring uit sy buit daarop gegooi.
26Die gewig van die goue oorringe wat Gideon gevra het, was negentien en 'n half kilogram. Die maanversierings, oorbelle en pers klere van die Midianitiese konings was nie daarby gereken nie en ook nie die kettinkies rondom die kamele se nekke nie.
27Gideon het 'n efodbeeld van die goud gemaak en dit in sy stad Ofra gesit. Die hele Israel het daarheen gekom en op dié wyse ontrou geword aan die Here. Die beeld was vir Gideon en sy mense 'n valstrik.
28Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.
29JerubbaÀl seun van Joas het na die oorlog teen Midian in sy huis gaan woon.
30Hy het sewentig seuns gehad, almal sy eie kinders, want hy het baie vrouens gehad.
31Ook sy byvrou uit Sigem het vir hom 'n seun in die wĂȘreld gebring. Sy naam was Abimelek.
32Gideon seun van Joas is op hoë ouderdom oorlede, en hy is in Ofra begrawe in die graf van sy pa Joas die Abiësriet.
33Na Gideon se dood het die Israeliete weer die BaÀls begin vereer. Hulle het vir BaÀl-Berit as god aanvaar
34en die Here hulle God vergeet deur wie hulle gered is uit die mag van hulle vyande rondom hulle.
35Hulle was ook nie lojaal teenoor die gesin van JerubbaÀl, dit is Gideon, nie, ten spyte van al die goeie dinge wat hy vir Israel gedoen het.