Afrikaans 1983 Bible - 57 verses
1Abimelek seun van JerubbaĂ€l het na Sigem toe gegaan, na sy ma se mense toe, en vir hulle en vir die hele familie gesĂȘ:
2âVra vir al die leiers van Sigem: Is dit beter as al sewentig seuns van JerubbaĂ€l oor julle regeer of as net een oor julle regeer? Julle weet goed ek is een van julle.â
3Abimelek se familie het dit vir die burgers van Sigem gevra, en hulle was bereid om vir Abimelek te aanvaar, âwant,â het hulle gesĂȘ, âhy is een van ons.â
4Hulle het vir hom sowat een kilogram silwer uit BaĂ€l-Berit se tempel gegee, en daarmee het Abimelek vir hom leeglĂȘers gehuur om sy volgelinge te wees.
5Hy is toe na sy pa se huis toe in Ofra en daar het hy sy broers, die sewentig seuns van JerubbaÀl, almal op een klip doodgemaak. Net Jotam, die jongste seun van JerubbaÀl, het oorgebly, want hy het weggekruip.
6Toe het al die burgers van Sigem en al die mense van Millo bymekaargekom en vir Abimelek gaan koning maak by die groot boom langs die klippilaar van Sigem.
7Dit is aan Jotam vertel en hy het op Gerisimberg gaan staan en vir hulle geskree: âLuister na my, leiers van Sigem, dan sal God na julle luister.
8âDie bome het op 'n dag gegaan om vir hulle 'n koning te salf. Hulle het vir die olyfboom gesĂȘ: âWees koning oor ons!â
9Maar die olyfboom het vir hulle gesĂȘ: âMoet ek my olie prysgee waarmee eer betoon word aan gode en mense? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?â
10âToe sĂȘ die bome vir die vyeboom: âKom, wees jĂœ koning oor ons!â
11Maar die vyeboom sĂȘ vir hulle: âMoet ek my lekker soet vrugte prysgee? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?â
12âToe sĂȘ die bome vir die wingerdstok: âKom, wees jĂœ koning oor ons!â
13Maar die wingerdstok sĂȘ vir hulle: âMoet ek my wyn prysgee, my wyn wat gode en mense bly maak? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?â
14âToe sĂȘ al die bome vir die doringbos: âKom, wees jĂœ koning oor ons.â
15En die doringbos sĂȘ vir hulle: âAs julle my werklik wil salf sodat ek koning oor julle kan wees, moet julle almal in my skaduwee kom skuil. As julle dit nie kan doen nie, sal daar 'n vuur uitgaan uit die doringbos uit en dit sal die seders van die Libanon verteer.â
16âDink julle miskien julle het opreg en in goeie trou gehandel toe julle vir Abimelek koning gemaak het? Het julle reg opgetree teenoor JerubbaĂ€l en sy huis? Het julle hom behandel volgens wat hy verdien?
17My pa het in julle belang gaan oorlog maak, hy het sy lewe openlik in gevaar gestel, hy het julle uit die mag van die Midianiete bevry.
18Maar julle het vandag in opstand gekom teen hom en sy huis, en julle het sy sewentig seuns almal op een klip doodgemaak. En toe het julle vir Abimelek, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die burgers van Sigem net omdat hy julle familie is.
19As julle vandag opreg en in goeie trou gehandel het teenoor JerubbaÀl en sy huis, moet julle bly wees oor Abimelek en hy moet bly wees oor julle.
20Maar as dit nie so is nie, moet daar 'n vuur uit Abimelek uitgaan en die burgers van Sigem en die mense van Millo verteer. Daar moet ook 'n vuur uit die burgers van Sigem en die mense van Millo uitgaan en vir Abimelek verteer.â
21Jotam het toe gevlug. Hy het na Beër toe padgegee en daar gaan woon omdat hy bang was vir sy broer Abimelek.
22Abimelek het drie jaar lank oor Israel geregeer.
23Toe het God vyandskap laat kom tussen Abimelek en die burgers van Sigem, en hulle het teen hom in opstand gekom.
24God het dit oor Abimelek gebring oor die onreg wat hy sy broers, die sewentig seuns van JerubbaÀl, aangedoen het toe hy hulle vermoor het. God wou hulle dood wreek, en Hy het dié dinge oor die burgers van Sigem gebring omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.
25Die burgers van Sigem het teen Abimelek hinderlae opgestel op die bergtoppe, en hulle het almal wat verbykom, beroof. Dit is aan Abimelek vertel.
26GaÀl seun van Ebed en sy broers het daar verbygekom en in Sigem aangekom. Die burgers van Sigem het hom vertrou.
27Hy en sy mense het op 'n keer lande toe gegaan om druiwe te pluk en te pars. Toe het hulle begin feesvier in die tempel van hulle god en nadat hulle geëet en gedrink het, het hulle vir Abimelek begin verkleineer.
28GaĂ€l seun van Ebed het gevra: âEn wie is Abimelek nogal, en wie is Sigem dat ons aan hom moet onderdanig wees? Moet JerubbaĂ€l se seun en sy goewerneur Sebul nie eerder aan die mense van Gamor, Sigem se voorvader, onderdanig wees nie? Waarom moet ons aan Abimelek onderdanig wees?
29As ek in bevel was van hierdie mense, sou ek vir Abimelek verjaag het.â GaĂ€l het vir Abimelek gedaag: âBring maar jou groot leĂ«r!â
30Toe Sebul die stadsgoewerneur verneem wat GaĂ€l seun van Ebed gesĂȘ het, het hy baie kwaad geword.
31Hy het 'n boodskap aan Abimelek in Torma gestuur: âGaĂ€l seun van Ebed en sy mense het na Sigem toe gekom en hulle sweep die stad teen jou op.
32Jy en jou manne moet vannag kom en in die veld 'n hinderlaag opstel.
33En mĂŽreoggend teen sonop moet jy die stad storm. Dan sal hy en die mense by hom teen jou optrek en kan jy vir GaĂ€l straf.â
34Abimelek en al sy manne het toe in die nag klaargemaak en op vier punte 'n hinderlaag teen Sigem opgestel.
35Toe GaÀl seun van Ebed op pad buitentoe by die stadspoort gaan staan, het Abimelek en sy manne juis in die hinderlaag opgestaan.
36GaĂ€l het die manne gesien en vir Sebul gesĂȘ: âKyk, daar kom mense van die bergtoppe af.â Maar Sebul sĂȘ vir hom: âDis die skaduwee van die berg wat jy vir mense aansien.â
37GaĂ€l het weer met hom gepraat en vir hom gesĂȘ: âKyk, daar kom mense van die middelpunt van die land af. Daar kom ook 'n afdeling van die groot waarsĂȘersboom af.â
38Toe sĂȘ Sebul vir hom: âHoe lyk dit nou met jou groot mond waarmee jy gesĂȘ het: âWie is Abimelek nogal dat ons aan hom moet onderdanig wees?â Is dit nie dalk die mense van wie jy so met minagting gepraat het nie? Trek nou op en gaan veg teen hulle.â
39GaÀl is toe voor die burgers van Sigem uit en hy het teen Abimelek gaan veg.
40Hy het vir GaÀl op die vlug gejaag en GaÀl het vir Abimelek gevlug. Daar het baie mense gesneuwel by die stadspoort.
41Abimelek het in Aruma gewoon, en Sebul het vir GaÀl en sy mense verdryf en hulle kon nie in Sigem bly woon nie.
42Die volgende mĂŽre het die burgers van die omgewing dit vir Abimelek gaan vertel.
43Hy het sy manne gevat en in drie groepe verdeel en 'n hinderlaag in die veld opgestel. Toe hy die mense uit die stad sien uitkom, het hy hulle gestorm en verslaan.
44Abimelek en die leiers by hom het gestorm en by die poort van die stad gaan staan, en die twee ander groepe het gestorm en al die mense in die oop veld verslaan.
45Abimelek het daardie hele dag teen die stad geveg. Hy het dit ingeneem en al die mense daarin doodgemaak. Hy het die stad afgebreek en sout daaroor gestrooi.
46Toe al die burgers van Migdol-Sigem dit hoor, het hulle na die grafkelder in die tempel van El-Berit toe gegaan.
47Aan Abimelek is vertel dat al die burgers van Migdol-Sigem daar bymekaargekom het.
48Toe het hy met sy manne Salmonberg uitgeklim. Hy het 'n byl gevat, 'n boomtak afgekap en dit op sy skouer getel. Toe sĂȘ hy vir sy manne: âJulle het gesien wat ek doen. Doen dit ook gou!â
49Elkeen het toe vir hom 'n tak gekap en hulle het vir Abimelek gevolg. Hulle het dit teen die grafkelder opgestapel met die mense daarbinne, en dit aan die brand gesteek. So het hulle al die burgers van Migdol-Sigem doodgemaak, omtrent duisend mans en vrouens.
50Daarna is Abimelek na Tebes toe. Hy het dit beleër en ingeneem.
51In die middel van die stad was daar 'n sterk toring en al die mans en vrouens van Tebes het daarheen gevlug, al die burgers van die stad is daar in. Hulle het hulleself daarin toegesluit en op die dak van die toring gaan staan.
52Abimelek het by die toring gekom en wou dit bestorm, maar toe hy by die deur van die toring kom om dit aan die brand te steek,
53het 'n vrou 'n maalklip op sy kop gegooi en sy kopbeen verbrysel.
54Toe roep hy gou sy wapendraer en sĂȘ vir hom: âTrek jou swaard! Maak my dood. Hulle moenie van my kan sĂȘ 'n vrou het my doodgemaak nie!â Sy wapendraer het hom toe met die swaard deurboor, en so is Abimelek dood.
55Toe die Israeliete sien Abimelek is dood, is hulle almal huis toe.
56So het God die onreg gestraf wat Abimelek sy pa aangedoen het toe Abimelek sy sewentig broers vermoor het.
57God het ook al die verkeerde dade van die mense van Sigem op hulle koppe laat afkom: die vloek wat Jotam seun van JerubbaÀl oor hulle uitgespreek het, het hulle getref.