Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Samuel het vir Saul gesĂȘ: âDit is vir my wat die Here gestuur het om jou tot koning oor sy volk Israel te salf. Luister nou na die woorde van die Here.
2So het die Here die Almagtige gesĂȘ: Ek het nie vergeet wat Amalek Israel aangedoen het nie, hoe hy Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het.
3Gaan verslaan nou vir Amalek. Jy moet alles wat hy het, om die lewe bring. Jy mag jou oor hom nie ontferm nie. Jy moet man en vrou doodmaak, kind en suigling, bees en skaap, kameel en donkie.â
4Saul het die manskappe opgeroep. Hy het hulle by Telaim getel: twee honderd afdelings voetsoldate en tien afdelings uit Juda.
5Saul het by die woonplek van die Amalekiete aangekom en sy manskappe laat stelling inneem by 'n spruit.
6Toe het Saul die Keniete laat weet: âGee gou pad tussen die Amalekiete uit sodat ek julle nie saam met hulle uit die weg ruim nie, want julle het die Israeliete goed behandel toe hulle uit Egipte getrek het.â Die Keniete het toe tussen die Amalekiete uit padgegee.
7Saul het daarna die Amalekiete verslaan van Gawila af tot waar 'n mens kom by Sur teenoor Egipte.
8Hy het koning Agag van Amalek lewend gevang, maar die hele volk om die lewe gebring.
9Saul en die manskappe het Agag gespaar en ook die mooiste kleinvee en beeste, die vetstes, en die lammers en alles wat mooi was. Saul-hulle wou dit alles nie om die lewe bring nie. Al die vee wat swak en waardeloos was, het hulle wel van kant gemaak.
10Toe het die woord van die Here tot Samuel gekom:
11âEk is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.â Samuel was ontsteld en hy het die Here die hele nag om uitkoms gesmeek.
12Die oggend het Samuel hom vroeg klaargemaak om Saul te ontmoet. Iemand het vir Samuel vertel: âSaul het by Karmel gekom en nogal vir homself 'n gedenkteken opgerig. Daarna het hy omgedraai en is hy verby na Gilgal toe.â
13Samuel het toe by Saul gekom, en Saul het vir hom gesĂȘ: âMag die Here u seĂ«n! Ek het die opdrag van die Here uitgevoer.â
14Samuel vra toe: âWat vir 'n geblĂȘr van kleinvee is daar dan in my ore? En wat van die gebulk van beeste wat ek hoor?â
15âHulle het dit van die Amalekiete af gebring,â antwoord Saul. âDit is die goed wat deur die manskappe gespaar is, die mooiste kleinvee en grootvee om aan die Here u God te offer. Die res het ons van kant gemaak.â
16En Samuel sĂȘ vir Saul: âBly stil! Laat ek jou vertel wat die Here vannag vir my gesĂȘ het.â Saul sĂȘ toe vir hom: âPraat maar.â
17Toe sĂȘ Samuel: âAl is jy klein in jou eie oĂ«, is jy tog die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf tot koning oor Israel.
18Die Here het jou met 'n doel uitgestuur en Hy het jou beveel: âTrek op, bring die sondaars, die Amalekiete, om die lewe. Jy moet teen hulle veg totdat jy hulle uitgeroei het.â
19Waarom het jy nie na die bevel van die Here geluister nie? En waarom het jy jou aan die buit vergryp en hierdie ding gedoen wat verkeerd is in die oĂ« van die Here?â
20Saul antwoord toe vir Samuel: âMaar ek hĂ©t na die bevel van die Here geluister! Ek het gegaan om te doen waarvoor die Here my gestuur het, ek het vir koning Agag van Amalek hierheen gebring, maar die Amalekiete het ek om die lewe gebring.
21Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste gevat, die beste van diĂ© wat van kant gemaak moes word, om aan die Here u God in Gilgal te offer.â
22Maar Samuel antwoord: âIs brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.
23Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.â
24Saul sĂȘ toe vir Samuel: âEk het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.
25âVergewe tog nou my sonde en kom saam met my sodat ek tot die Here kan bid.â
26Maar Samuel sĂȘ vir Saul: âEk sal nie saam met jou gaan nie, want jy het die woord van die Here verwerp en die Here het jou verwerp as koning oor Israel.â
27Samuel het weggedraai om te loop, maar Saul het die punt van sy mantel gegryp, en dit het geskeur.
28Toe sĂȘ Samuel vir hom: âDie Here het die koningskap van Israel nou van jou afgeskeur en dit gegee aan jou naaste wat beter is as jy.
29Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.â
30âEk het gesondig,â sĂȘ Saul toe. âEer my tog net voor die leiers van die volk en voor Israel deur saam met my te kom sodat ek die Here u God kan aanbid.â
31Samuel het met Saul saamgegaan, en Saul het die Here aanbid.
32Toe beveel Samuel: âBring vir koning Agag van Amalek na my toe.â Agag het opgeruimd na hom toe geloop en gesĂȘ: âNou is ek nie meer bang dat hulle my sal doodmaak nie.â
33Samuel het vir hom gesĂȘ: âSoos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma onder die vrouens kinderloos wees.â En Samuel het vir Agag in stukke gekap voor die Here in Gilgal.
34Samuel het na Rama toe gegaan, terwyl Saul na sy huis toe in Gibea gegaan het.
35Tot die dag van sy dood het Samuel nie weer vir Saul gesien nie. Samuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het.