Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1En Hanna het gebid: âEk jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.
2Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.
3âJulle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sĂȘ nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.
4âDie boog van die magtiges is verbreek, diĂ© wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
5Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur, wie honger was, het oorgenoeg om te eet. Die onvrugbare bring sewe in die wĂȘreld, die een met baie kinders kwyn weg.
6âDie Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom.
7Die Here maak arm en Hy maak ryk, Hy verneder, ook gee Hy aansien.
8Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af om hulle by vername mense te laat sit; Hy skenk hulle 'n ereplek. Aan die Here behoort die pilare van die aarde; Hy het die aarde daarop gegrondves.
9âHy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. 'n Mens oorwin nie deur eie krag nie!
10DiĂ© wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.â
11Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.
12Maar Eli se seuns was slegte mense; hulle het nie met die Here rekening gehou nie.
13Die reg van die priesters teenoor die volk was so: elke keer wanneer iemand 'n offer bring, kom die priester se slaaf met 'n drietandvurk in sy hand, en wanneer die vleis kook,
14steek hy die vurk in die kastrol of die bak of die pot of die pan. Alles wat die vurk optrek, vat die priester vir hom. Dit het hulle gedoen met al die Israeliete wat in Silo kom offer het.
15Maar nog voordat die vet aan die brand gesteek is, het 'n slaaf van die priester al gekom en aan die man wat offer, gesĂȘ: âGee vleis om vir die priester te braai. Hy neem nie gekookte vleis van jou aan nie, net rou vleis.â
16As die man dan vir hom sĂȘ: âLaat hulle tog net eers die vet aan die brand steek, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,â sĂȘ die slaaf vir hom: âNee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld.â
17Hierdie sonde van Eli se seuns was baie groot in die oë van die Here, want daardeur het die mense hulle agting vir die offer van die Here verloor.
18Maar Samuel het die Here gedien. As 'n seun het Samuel al 'n linneskouerkleed gedra.
19Sy ma het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring.
20Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseĂ«n en gesĂȘ: âMag die Here jou uit hierdie vrou 'n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.â Daarna is hulle weer huis toe.
21Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword.
22Eli was al baie oud. En wanneer hy alles hoor wat sy seuns aan al die Israeliete doen en dat hulle by die vrouens slaap wat diens doen by die ingang van die tent van ontmoeting,
23sĂȘ hy vir hulle: âWaarom doen julle sulke dinge dat ek aanhoudend by die hele volk moet hoor van julle slegte dade?
24Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here.
25Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?â Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.
26Maar die seun Samuel het grootgeword en die Here en die mense was hom goedgesind.
27'n Man van God het by Eli gekom en vir hom gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Ek het My duidelik geopenbaar aan die huis van jou stamvader toe die volk in Egipte aan die farao's onderdanig was.
28Ek het jou stamvader vir My uit al die Israelitiese stamme as priester uitgekies om my altaar te bedien, om wierook aan die brand te steek en om 'n skouerkleed voor My te dra. Ek het jou familie al die vuuroffers van die Israeliete gegee.
29Waarom verag julle my diereoffer en my graanoffer waarvoor Ek voorskrifte in my woonplek gegee het? En waarom ag jy jou seuns belangriker as vir My, deurdat julle julle vet maak met die beste uit al die offers van my volk Israel?
30âDaarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesĂȘ: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. âMaar nou sĂȘ Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.
31Daar kom 'n tyd dat Ek die priesterskap van jou en jou familie af sal wegvat, en in jou familie sal niemand oud word nie.
32Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys. In jou familie sal niemand ooit oud word nie.
33Net een sal Ek nie van my altaar afsny nie. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf.
34En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf.
35Dan sal Ek vir my 'n betroubare priester aanstel. Volgens my wil en wens sal hy handel, en Ek sal vir hom 'n bestendige nageslag gee. Hy sal altyd diens doen as my gesalfde priester.
36Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sĂȘ: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hĂȘ om te eet!â