Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.
2Eli se oĂ« het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een mĂŽre het Eli nog op sy slaapplek gelĂȘ,
3en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelĂȘ in die tempel van die Here waar die ark van God was,
4en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: âEk kom!â
5Hy het na Eli toe gehardloop en gesĂȘ: âHier is ek, want u het my geroep.â Maar Eli sĂȘ: âEk het nie geroep nie! Gaan lĂȘ maar weer.â En Samuel het gaan lĂȘ.
6Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesĂȘ: âHier is ek, want u het my geroep.â Toe sĂȘ Eli: âMy seun, ek het nie geroep nie! Gaan lĂȘ maar weer.â
7Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.
8Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesĂȘ: âHier is ek, want u het my geroep.â Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het,
9en Eli sĂȘ vir Samuel: âGaan lĂȘ en as iemand jou weer roep, sĂȘ jy: Praat, Here, u dienaar luister!â Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lĂȘ.
10Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: âSamuel, Samuel!â En Samuel sĂȘ: âPraat, Here, u dienaar luister!â
11Die Here sĂȘ toe vir Samuel: âEk gaan 'n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit.
12Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig het, van begin tot end.
13Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie.
14Daarom bevestig Ek met 'n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.â
15Daarna het Samuel gaan lĂȘ tot die oggend, en toe die deure van die huis van die Here oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel.
16Maar Eli het vir Samuel geroep en gesĂȘ: âSamuel, my seun!â Hy het gesĂȘ: âEk kom!â
17Eli sĂȘ toe: âWat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.â
18Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesĂȘ: âHy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.â
19Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie.
20Die hele Israel van noord tot suid het gemerk dat Samuel betroubaar was as profeet van die Here.
21Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here.