Afrikaans 1983 Bible - 43 verses
1Daarna het Dawid uit die profetekwartiere in Rama padgegee en by Jonatan gekom en vir hom gevra: âWat het ek gedoen? Wat is my oortreding of wat het ek verkeerd gedoen teenoor jou pa dat hy my lewe soek?â
2Jonatan het hom geantwoord: âNee, wag. Jy sal nie sterwe nie. Jy weet goed my pa doen niks, groot of klein, sonder om dit vertroulik vir my te vertel nie. Waarom sou my pa dan hierdie ding vir my wegsteek? Dit is nie soos jy dink nie.â
3Dawid het toe vir Jonatan met 'n eed verseker: âJou pa weet baie goed dat jy van my hou en hy het gedink: Jonatan mag dit nie weet nie sodat hy nie sleg voel nie. Maar so seker as die Here leef en so seker as jy leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood.â
4En Jonatan sĂȘ vir Dawid: âEk sal vir jou doen net wat jy wil hĂȘ.â
5Dawid sĂȘ toe vir Jonatan: âMĂŽre is dit nuwemaan, en ek móét saam met die koning aansit om te eet. Maar laat my gaan dat ek in die veld kan wegkruip tot die derde aand.
6As jou pa uitdruklik na my vra, moet jy sĂȘ: âDawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem toe te gaan, want die hele familie se jaarlikse offer vind daar plaas.â
7As hy sou sĂȘ: âGoed!â dan is ek veilig, maar as hy baie kwaad word, weet dan beslis dat hy klaar besluit het om my dood te maak.
8Jy het my met 'n verbond van die Here aan jou verbind. Toon jou trou aan my, en as ek skuldig is, maak jĂœ my dan dood. Waarom moet jy my nog na jou pa toe bring?â
9Toe antwoord Jonatan: âNee, as ek seker weet dat my pa klaar besluit het om jou dood te maak, sal ek jou dit beslis laat weet.â
10Dawid sĂȘ toe vir Jonatan: âWie sal vir my kom sĂȘ of jou pa jou 'n harde antwoord gegee het?â
11Jonatan het daarna vir Dawid gesĂȘ: âKom ons gaan uit veld toe.â Hulle twee het veld toe gegaan,
12en Jonatan het vir Dawid gesĂȘ: âSo seker as die Here die God van Israel leef, ek sal my pa mĂŽre of oormĂŽre pols. Hy sal gunstig gestem wees teenoor jou. So nie, sal ek na jou toe stuur en dit in die geheim aan jou bekend maak.
13Mag die Here my om die lewe bring as my pa besluit het om jou dood te maak en ek jou dit nie in die oor fluister nie en jou nie kans gee om veilig weg te kom nie. Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was.
14En as ek dan nog lewe, moet jy die trou van die Here aan my betoon, sodat ek nie sterwe nie,
15en jy moet jou trou nooit aan my familie onttrek nie. Selfs wanneer die Here die vyande van Dawid een vir een van die aarde af wegvee,
16mag Jonatan nie deur die familie van Dawid uitgeroei word nie, want dan sal die Here dit vergeld deur Dawid se vyande.â
17Jonatan het Dawid dit met 'n eed vir hom laat belowe vanweë sy liefde vir hom, want hy het hom liefgehad soos homself.
18Jonatan het ook nog vir hom gesĂȘ: âMĂŽre is nuwemaan, en jy sal gemis word omdat jou leĂ« sitplek opgemerk sal word.
19Op die derde dag moet jy beslis na die plek toe kom waar jy die vorige keer op die werkdag weggekruip het. Jy moet langs die hoop klippe gaan sit.
20Ek sal drie pyle aan die kant daarvan verby skiet, asof ek na 'n teiken skiet.
21Dan sal ek my slaaf stuur: âGaan soek die pyle.â As ek uitdruklik vir hom sĂȘ: âKyk, die pyle is duskant jou; tel hulle op en kom!â is jy veilig en so seker as die Here leef, daar is dan geen gevaar nie.
22Maar as ek vir hom sĂȘ: âKyk, die pyle is anderkant jou!â moet jy weggaan. Dan stuur die Here jou weg.
23En wat die saak betref waaroor ek en jy gepraat het: onthou, die Here is vir altyd getuie daarvan.â
24Dawid het toe in die veld weggekruip. Met nuwemaan het die koning by die maaltyd aangesit,
25en hy het soos gewoonlik op sy plek teen die muur gaan sit. Jonatan het regoor hom gesit en Abner langs Saul. Dawid se leë plek is opgemerk,
26maar op daardie dag het Saul niks gesĂȘ nie, want hy het gedink: daar moes iets gebeur het, en hy is dalk nie rein nie, hy mag dalk nie aan tafel kom nie.
27Die volgende dag van die nuwemaan, die tweede dag, is Dawid se leĂ« plek weer opgemerk. Saul vra toe vir sy seun Jonatan: âWaarom het die seun van Isai gister en vandag nie na die maaltyd toe gekom nie?â
28Maar Jonatan het vir Saul geantwoord: âDawid het my dringend verlof gevra om na Betlehem toe te gaan.
29Hy het gesĂȘ: âLaat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad. My broer self het my laat roep. As u dit goedvind, laat my dan tog gaan sodat ek my broers kan gaan besoek.â Daarom het hy nie aan die koning se tafel verskyn nie.â
30Toe het Saul hom bloedig vererg vir Jonatan en gesĂȘ: âJou rebelse ellendeling! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat jou in die wĂȘreld gebring het.
31Solank die seun van Isai op hierdie aarde leef, sal daar nie plek wees vir jou en jou koningskap nie. Stuur en bring hom na my toe, hy moet dood!â
32Daarop het Jonatan sy pa geantwoord en gevra: âWaarom moet hy doodgemaak word? Wat het hy gedoen?â
33Toe Saul die spies na Jonatan mik om hom dood te maak, het Jonatan geweet sy pa is vasbeslote om vir Dawid om die lewe te bring.
34Woedend het Jonatan van die tafel af opgestaan en op die tweede dag van die nuwemaan niks geëet nie omdat hy bekommerd was oor Dawid en omdat Saul vir Dawid so sleg behandel.
35In die mĂŽre het Jonatan volgens sy afspraak met Dawid uitgegaan na die veld toe, en daar was 'n jong slaaf by hom.
36Hy het vir sy slaaf gesĂȘ: âHardloop, gaan haal die pyle wat ek afskiet.â Die slaaf het gehardloop en Jonatan het die pyl by hom verby geskiet.
37Toe die slaaf by die plek kom waarheen Jonatan die pyl geskiet het, het Jonatan agter hom aan geroep en gesĂȘ: âDie pyl lĂȘ verder.â
38Jonatan het weer agter hom aan geroep: âMaak gou! Vinnig! Moenie tyd mors nie!â Die slaaf het toe die pyl opgetel en na Jonatan toe gekom.
39Hy het van niks geweet nie. Net Jonatan en Dawid het daarvan geweet.
40Jonatan het sy wapens aan die slaaf wat by hom was, gegee en vir hom gesĂȘ: âLoop! Vat dit stad toe.â
41Toe die slaaf weg was, het Dawid opgestaan langs die kliphoop en op sy knieë geval en drie maal vooroor gebuig. Hulle het mekaar gesoen en saam gehuil totdat Dawid baie ontroerd geword het.
42Jonatan het vir Dawid gesĂȘ: âGaan in vrede omdat ons twee in die Naam van die Here trou gesweer het en gesĂȘ het: Die Here is vir altyd daarvan getuie tussen ons en tussen ons twee se nageslagte.â
43Dawid het toe klaargemaak en weggegaan, maar Jonatan is terug stad toe.