Afrikaans 1983 Bible - 15 verses
1Dawid het in Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het Dawid ontsteld tegemoet gegaan en gevra: âWaarom is u alleen? Waarom is daar niemand by u nie?â
2Dawid het vir die priester Agimelek gesĂȘ: âDie koning het my 'n opdrag gegee en gesĂȘ: âNiemand mag iets weet van die saak waarvoor ek jou stuur en wat ek jou beveel nie.â Ek het my manskappe op 'n sekere plek bestel.
3Maar nou iets anders: wat het u byderhand? Gee my tog vyf brode of net wat u beskikbaar het.â
4Die priester het Dawid geantwoord: âEk het nie gewone brood byderhand nie, hier is net gewyde brood. As die manskappe hulle tog maar van vrouens weerhou het.â
5Toe sĂȘ Dawid vir die priester: âSoos altyd wanneer ek gaan oorlog maak, is vrouens vir ons verbode en daarom is die liggame van die manskappe rein. Al is dit ook 'n gewone onderneming, is die liggame vandag tog rein.â
6Die priester het toe aan hom gewyde brood gegee, want daar was nie gewone brood nie, net die offerbrood wat op 'n bepaalde tyd uit die tempel verwyder word om dit deur vars brood te vervang.
7Een van Saul se slawe moes daardie dag in die tempel deurbring. Sy naam was Doëg. Hy was 'n Edomiet, die hoof van Saul se veewagters.
8Dawid het ook vir Agimelek gesĂȘ: âIs hier nie miskien 'n spies of 'n swaard byderhand nie? Ek kon selfs nie eens my swaard of my ander wapens vat nie, want die saak van die koning was dringend.â
9Die priester het hom geantwoord: âDie swaard van Goliat die Filistyn, vir wie u in die dal by die groot boom verslaan het, is hier, toegedraai in 'n mantel agter die skouerkleed. Vat dit vir u as u wil, want in hierdie plek is daar niks behalwe hierdie een nie.â En Dawid sĂȘ: âDaar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.â
10HiernĂĄ het Dawid klaargemaak en dieselfde dag nog van Saul af weggevlug na koning Akis van Gat toe.
11Akis se amptenare het vir hom gesĂȘ: âIs dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie: âSaul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!â
12Toe Dawid besef wat hulle sĂȘ, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat.
13Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.
14Akis het vir sy amptenare gesĂȘ: âJulle kan mos sien die man is mal. Waarom bring julle hom na my toe?
15Het ek behoefte aan mal mense dat julle hierdie een na my toe bring om by my mal te wees? Moet hĂœ in my huis inkom?â