Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1In daardie tyd het die Filistyne hulle leĂ«rs vir die stryd begin oproep om teen Israel oorlog te maak. Akis het vir Dawid gesĂȘ: âJy weet natuurlik dat jy en jou manne saam met my in die leĂ«r moet optrek.â
2En Dawid het vir Akis gesĂȘ: âMaar u weet tog wat ek nog altyd doen.â Toe sĂȘ Akis vir Dawid: âDaarom stel ek jou vir goed aan as my lyfwag.â
3Samuel het te sterwe gekom, en die hele Israel het oor hom gerou en hulle het hom in sy stad Rama begrawe. Saul het ook die dodebesweersters en die waarsĂȘers uit die land verban.
4Die Filistyne het bymekaargekom en kamp gaan opslaan by Sunem. Saul het die hele Israel bymekaargemaak en kamp opgeslaan by Gilboa.
5Saul het die kamp van die Filistyne gesien; hy was bang en sy hart het benoud geklop.
6Hy het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nĂłg deur drome, nĂłg deur die urim, nĂłg deur profete.
7Saul het toe vir sy amptenare gesĂȘ: âSoek vir my 'n dodebesweerster sodat ek haar kan gaan raadpleeg.â Sy amptenare het vir hom gesĂȘ: âDaar is 'n dodebesweerster in En-Dor.â
8Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy en twee manne het gegaan en in die nag by die vrou aangekom en gesĂȘ: âTree vir my as waarsegster op deur die gees van 'n afgestorwene, en laat vir my die een opkom wat ek vir jou sĂȘ.â
9Maar die vrou het vir hom gesĂȘ: âJy weet baie goed wat Saul gedoen het en dat hy die dodebesweersters en waarsĂȘers in die land uitgeroei het. Waarom stel jy vir my 'n lokval om my dood te maak?â
10Maar Saul het vir haar 'n eed afgelĂȘ in die Naam van die Here: âSo seker as die Here leef, jy sal nie oor hierdie saak gestraf word nie.â
11Toe vra die vrou: âWie moet ek vir jou laat opkom?â En hy antwoord: âLaat Samuel vir my opkom.â
12Toe die vrou vir Samuel sien, het sy hard geskreeu en vir Saul gesĂȘ: âWaarom het u my bedrieg? U is dan self Saul.â
13Maar die koning het vir haar gesĂȘ: âMoenie bang wees nie. Wat sien jy?â en die vrou sĂȘ vir Saul: âEk sien 'n wese uit 'n ander wĂȘreld opkom uit die aarde.â
14Hy sĂȘ toe vir haar: âHoe lyk hy?â en sy sĂȘ: â'n Ou man kom op en hy het 'n mantel aan.â Saul het toe geweet dat dit Samuel is en Saul het diep gebuig en eer aan hom betoon.
15Samuel het vir Saul gevra: âWaarom steur jy my deur my te laat opkom?â En Saul antwoord: âEk is baie bang, want die Filistyne veg teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie. Daarom het ek u opgeroep om my in te lig oor wat ek moet doen.â
16Maar Samuel sĂȘ: âWaarom raadpleeg jy mĂœ dan as die Here jou verlaat en jou teĂ«stander geword het?
17Die Here het gedoen soos Hy deur my gesĂȘ het. Die Here het die koningskap van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee,
18want jy het nie die bevel van die Here gehoorsaam nie en sy gloeiende toorn nie op Amalek gewreek nie. Daarom het die Here jou nou hierdie ding aangedoen.
19Die Here sal Israel saam met jou in die mag van die Filistyne oorgee, en mĂŽre sal jy en jou seuns by my wees. Die Here sal ook die leĂ«r van Israel oorgee in die mag van die Filistyne.â
20Saul het meteens in sy volle lengte op die grond neergeslaan en hy het baie bang geword vanweë die woorde van Samuel. Hy het geen krag gehad nie, want hy het die hele dag en nag nie geëet nie.
21Toe het die vrou na Saul toe gekom en gesien dat hy baie bewe en sy het vir hom gesĂȘ: âEk het aan u versoek toegegee en ek het my lewe op die spel geplaas toe ek na u geluister het.
22Gee dan tog nou toe aan my versoek, en laat ek vir u 'n stukkie kos voorsit. Eet dan, sodat daar weer krag in u kom en u verder kan gaan.â
23Maar hy het geweier en gesĂȘ: âEk wil nie eet nie.â Sy manne en ook die vrou het by hom aangedring totdat hy hulle hulle sin gegee het. Hy het van die grond af opgestaan en op die bed gaan sit.
24Die vrou het 'n kalf by die huis op stal gehad, en sy het dit gou gaan slag. Sy het ook meel gevat, dit geknie en ongesuurde brood gebak.
25Sy het dit vir Saul en sy manne voorgesit en hulle het geëet. Daarna het hulle opgestaan en dieselfde nag nog weggegaan.