Afrikaans 1983 Bible - 11 verses
1Die Filistyne het hulle hele leër bymekaargemaak by Afek, en Israel het kamp opgeslaan by die fontein in Jisreël.
2Terwyl die regeerders van die Filistyne met honderde en duisende verbytrek en Dawid en sy manne heel laaste saam met Akis verbygaan,
3het die leiers van die Filistyne gesĂȘ: âWat maak hierdie HebreĂ«rs hier?â Akis het vir die leiers van die Filistyne gesĂȘ: âDit is maar net Dawid, die onderdaan van koning Saul van Israel, wat al geruime tyd by my is. Vandat hy afvallig geword het tot nou toe het ek niks teen hom gevind nie.â
4Maar die leiers van die Filistyne het hulle vererg en vir Akis gesĂȘ: âLaat die man omdraai en laat hy teruggaan na sy plek toe wat jy vir hom aangewys het. Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie. Dalk draai hy in die geveg teen ons. Hoe sal hy weer by sy koning in die guns kom? Is dit nie met die koppe van ons soldate nie?
5Dit is mos die Dawid van wie hulle in koordanse sing: âSaul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!â
6Akis het toe vir Dawid geroep en vir hom gesĂȘ: âSo seker as die Here leef, jy is opreg. Ek vind dit goed dat jy saam met my gaan veg, want vandat jy by my gekom het tot nou toe, het ek niks verkeerds by jou gevind nie, maar jy is nie aanvaarbaar vir die regeerders nie.
7Draai nou maar om en gaan in vrede sodat jy jou nie die onguns van die Filistynse regeerders op die hals haal nie.â
8Maar Dawid het vir Akis gesĂȘ: âWat het ek gedoen, en wat het u by my gevind vandat ek in u diens gekom het tot vandag toe dat ek nie kan kom en teen u vyande veg nie?â
9Akis het geantwoord en Dawid verseker: âEk is oortuig dat jy so opreg is as 'n boodskapper van die gode. Dis net dat die leiers van die Filistyne gesĂȘ het: âHy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie.â
10Maak dan nou mĂŽreoggend klaar, ook jou koning se onderdane wat saam met jou gekom het; julle moet mĂŽre voordag klaarmaak en as dit lig word, moet julle vertrek.â
11Toe het Dawid en sy manne klaargemaak om vroeg die mÎre te vertrek en terug te gaan na die land van die Filistyne toe. Maar die Filistyne het na Jisreël toe opgetrek.