Afrikaans 1983 Bible - 28 verses
1'n Psalm van Asaf. God is vir Israel baie goed, vir diƩ wat rein van hart is.
2Tog het ek daaraan begin twyfel, ek het byna koers verloor,
3want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeƫn toe ek hulle voorspoed sien.
4Hulle het geen kwellings nie, hulle is sterk en gesond,
5hulle het nie sorge soos ander mense nie, hulle het nie teƫspoed soos ander nie.
6Daarom hang die trots aan hulle soos 'n halssnoer en kleef geweld aan hulle soos 'n kleed.
7In die weelde van hulle voorspoed matig hulle hulle enigiets aan;
8smalend stook hulle kwaad, hooghartig dreig hulle met geweld.
9Hulle laster teen die hemel en beledig links en regs op die aarde.
10Tog hang die volk hulle aan en drink gretig hulle woorde in.
11Hulle vra: āHoe sal God dit uitvind? Hoe sal die Allerhoogste dit weet?ā
12Dit is hoe die goddelose mense is! So gaan hulle ongehinderd voort om rykdom op te hoop!
13Dat ek die kwaad vermy het en met 'n eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie,
14want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe mƓre straf.
15Maar as ek so sou aanhou praat, sou ek diƩ verloƫn wat aan U behoort.
16Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik
17totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is.
18U laat hulle op gladde plekke loop, U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei.
19In 'n oogwink word hulle iets afgrysliks, gaan hulle te gronde, tref 'n verskriklike einde hulle.
20Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word, so verdwyn hulle, Here, as U ingryp.
21Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
22was ek dom en sonder insig; soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.
23Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand.
24U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
25Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.
26Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
27DiƩ wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig diƩ wat aan U ontrou is.
28Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.