Afrikaans 1983 Bible - 24 verses
1Daarna het Moses en AĂ€ron na die farao toe gegaan en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees in die woestyn te vier.â
2Maar die farao het geantwoord: âEn wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!â
3Hulle sĂȘ toe: âDie God van die HebreĂ«rs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise die woestyn in trek om 'n offer vir ons God, die Here, te bring, anders tref Hy ons dalk met die pes of die swaard.â
4Maar die koning van Egipte het vir hulle gesĂȘ: âMoses en AĂ€ron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Gaan terug na julle werk toe!
5Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle hulle ook nog laat ophou werk!â
6Dieselfde dag nog het die farao die slawedrywers van die volk en hulle opsigters beveel:
7âJulle mag nie meer soos vroeĂ«r vir die volk strooi gee om bakstene mee te maak nie. Laat hulle self gaan strooi bymekaarmaak,
8en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: âOns wil vir ons God gaan offer.â
9Die werk moet vir die manne so swaar wees en hulle so besig hou dat hulle nie hulle ore uitleen vir allerhande leuens nie.â
10Toe het die slawedrywers en die opsigters van die volk vir hulle gaan sĂȘ: âSo sĂȘ die farao: Julle kry nie meer strooi nie.
11Loop haal dit self waar julle dit ook al kan kry, maar aan die hoeveelheid werk word niks verminder nie.â
12Die volk het toe dwarsoor Egipte stoppels bymekaargemaak,
13en die slawedrywers het hulle aangejaag en gesĂȘ: âJulle moet nog elke dag net soveel lewer soos toe daar nog strooi verskaf is.â
14Boonop het die farao se slawedrywers die Israelitiese opsigters geslaan en vir hulle gesĂȘ: âWaarom het julle nie vandag net soos vroeĂ«r dieselfde hoeveelheid stene gemaak nie?â
15Die Israelitiese opsigters kom kla toe by die farao: âWaarom maak u so met u werksmense?
16Daar word nie meer strooi aan ons verskaf nie, en tog bly die drywers vir ons sĂȘ: âMaak bakstene!â Ons word mishandel, maar eintlik lĂȘ die fout by Ăș mense.â
17Toe sĂȘ die farao: âJulle is lui! Lui! Dit is diĂ© dat julle bly sĂȘ: âOns wil vir die Here gaan offer.â
18Loop! Gaan werk! Hulle sal nie meer vir julle strooi gee nie, maar julle kwota bakstene sal julle lewer.â
19Toe die farao vir die Israelitiese opsigters sĂȘ dat die daaglikse kwota bakstene nie verminder gaan word nie, het hulle besef watter ramp hulle getref het.
20Moses en AĂ€ron het hulle buite ingewag, en toe die opsigters van die farao af by hulle kom,
21sĂȘ hulle vir Moses en AĂ€ron: âMag die Here julle straf omdat julle ons naam sleg gemaak het by die farao en sy amptenare en vir hulle 'n swaard in die hand gegee het om ons mee dood te maak.â
22Daarna het Moses weer na die Here gegaan en gesĂȘ: âHere, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?
23Van die eerste oomblik af dat ek by die farao gekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk mishandel. Tog het U niks gedoen om u volk te red nie!â
24Toe sĂȘ die Here vir Moses: âNou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.â