Afrikaans 1983 Bible - 29 verses
1God het vir Moses gesĂȘ: âEk is die Here!
2Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie.
3Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land KanaÀn aan hulle te gee, 'n land waarvan hulle nie burgers was nie.
4Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.
5Daarom moet jy vir die Israeliete sĂȘ: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vry maak met mag en met groot reddingsdade.
6Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry.
7Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.â
8Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.
9Toe sĂȘ die Here vir Moses:
10âGaan praat met die farao, die koning van Egipte, dat hy die Israeliete laat trek uit sy land uit.â
11Maar Moses sĂȘ vir die Here: âDie Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.â
12Nogtans het die Here vir Moses en AĂ€ron na die Israeliete en na die farao, die koning van Egipte, toe gestuur met die opdrag om die Israeliete uit Egipte te bevry.
13Die volgende mense was leiers in die familie van Moses en AĂ€ron: Ruben was die oudste seun van Israel. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Hulle was die familiehoofde van die stam Ruben.
14Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar, en Saul, 'n seun van 'n KanaÀnitiese vrou. Hulle was die familiehoofde van die stam Simeon.
15Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari. Levi het honderd sewe en dertig jaar oud geword.
16Die seuns van Gerson was Libni en Simi. Hulle het nageslagte gehad.
17Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword.
18Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was dan volgens die geslagsregisters die familiehoofde van die stam Levi.
19Amram het met Jogebed, 'n tante van hom, getrou, en hulle seuns was AĂ€ron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword.
20Die seuns van Jishar was Korag, Nefeg en Sikri.
21Die seuns van Ussiël was Misael, Elisafan en Sitri.
22AĂ€ron het met Eliseba 'n dogter van Amminadab, suster van Nagson, getrou, en hulle seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
23Die seuns van Korag was Assir, Elkana en Abiasaf. Hulle was die familiehoofde van die Koragiete.
24AÀron se seun Eleasar het met een van die dogters van Putiël getrou, en hulle seun was Pinehas. Dit was dan die familiehoofde van die stam Levi en hulle nageslagte.
25Dit is diĂ© AĂ€ron en Moses vir wie die Here gesĂȘ het: âJulle moet die stamme van Israel uit Egipte bevry.â
26En dit is hulle wat met die farao, die koning van Egipte, onderhandel het oor die bevryding van die Israeliete uit Egipte.
27Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het,
28het Hy vir hom gesĂȘ: âEk is die Here. Gaan sĂȘ vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesĂȘ het.â
29Toe sĂȘ Moses vir die Here: âEk praat swaar, die farao sal nie na my luister nie.â