Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1Maar die Here antwoord hom: âKyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer AĂ€ron sal jou woordvoerder wees.
2Alles wat Ek jou beveel, moet jy aan jou broer AĂ€ron oordra, en hy moet dit vir die farao vertel sodat hy die Israeliete kan laat trek uit sy land uit.
3Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen.
4Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry.
5As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is, en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.â
6Moses en AĂ€ron het gedoen presies wat die Here hulle beveel het.
7Moses was tagtig en AĂ€ron drie en tagtig toe hulle met die farao gaan praat het.
8Verder het die Here vir Moses en AĂ€ron gesĂȘ:
9âAs die farao vir julle sĂȘ: âDoen bietjie 'n wonderteken,â moet jy vir AĂ€ron sĂȘ: Vat jou kierie en gooi dit voor die farao neer dat dit 'n groot slang word.â
10Toe Moses en AĂ€ron by die farao kom, het hulle gedoen wat die Here beveel het: AĂ€ron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi en dit het in 'n groot slang verander.
11Die farao roep toe ook sy manne bymekaar wat dié soort ding ken, sy goëlaars. Dié Egiptiese towenaars doen toe met hulle towerkunste presies dieselfde:
12soos elkeen sy kierie neergooi, verander dit in 'n groot slang. Maar toe sluk AĂ€ron s'n hulle s'n in!
13Tog het die farao koppig gebly en nie aan hulle versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesĂȘ het.
14Die Here het vir Moses gesĂȘ: âDie farao bly onversetlik, hy hou aan weier om die volk te laat trek.
15Gaan mĂŽre vroeg na die farao toe; hy sal juis op pad wees water toe. Gaan wag vir hom langs die Nyl, met die kierie wat in 'n slang verander het, in jou hand.
16SĂȘ dan vir hom: âDie Here die God van die HebreĂ«rs het my na jou toe gestuur met die opdrag dat jy my volk moet laat gaan om My in die woestyn te dien, maar tot nou toe het jy nie gehoor gegee nie.
17So sĂȘ die Here: Deur wat nou gaan volg, sal jy weet dat Ek die Here is.â Jy moet ook vir die farao sĂȘ: Met hierdie kierie in my hand sal ek op die Nyl se water slaan, en dit sal in bloed verander.
18Dan sal die vis in die Nyl vrek, en dit sal so stink dat die Egiptenaars nie die water sal kan drink nie.â
19Verder sĂȘ die Here vir Moses: âSĂȘ vir AĂ€ron: Vat jou kierie en swaai dit oor al die water van Egipte, oor sy kanale, riviere, moerasse en damme, dat dit bloed kan word. Daar sal bloed wees in die hele Egipte, selfs in die hout- en klipbakke.â
20Toe het Moses en AÀron gedoen presies wat die Here hulle beveel het. AÀron het sy kierie opgelig en voor die oë van die farao en sy amptenare op die Nyl se water geslaan, en al die water het in bloed verander.
21Die vis in die Nyl het gevrek en die Nyl se water het so gestink dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Oral in Egipte was daar bloed.
22Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf gesĂȘ het.
23Die farao het omgedraai na sy paleis toe sonder om hom daaraan te steur.
24Intussen het die hele Egipte langs die Nyl na drinkwater gegrawe omdat hulle nie die Nyl se water kon drink nie.
25Die toestand het 'n volle sewe dae geduur nadat die Here die Nyl getref het.