Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Daarna het die Here vir Moses gesĂȘ: âGaan sĂȘ vir die farao: So sĂȘ die Here die God van die HebreĂ«rs: Laat my volk gaan om My te dien.
2As jy weier om hulle te laat gaan en hulle bly vashou,
3sal die Here sy mag toon met 'n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.
4Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en diĂ© van Egipte: daar sal nie 'n enkele stuk vee van die Israeliete vrek nie.â
5Die Here het 'n tyd vasgestel en Hy het gesĂȘ Hy sal dit die volgende dag in Egipte laat gebeur.
6Die volgende dag doen Hy dit toe ook, en al die vee van Egipte is dood, maar van die vee van die Israeliete is daar nie een dood nie.
7Die farao het navraag gedoen en jou werklik waar, nie 'n enkele stuk van die Israeliete se vee is dood nie. Tog was die farao steeds onversetlik: hy het die volk nie laat gaan nie.
8Daarna het die Here vir Moses en AĂ€ron gesĂȘ: âSkep hande vol roet uit 'n oond en laat Moses dit voor die farao in die lug opgooi.
9Dit sal 'n fyn poeier word oor die hele Egipte en dit sal dwarsoor Egipte op mens en dier swere veroorsaak wat aanhoudend etter.â
10Hulle het toe roet uit 'n oond gevat en voor die farao gaan staan. Toe Moses dit in die lug opgooi, kom daar op mens en dier swere wat aanhoudend etter.
11Die towenaars kon Moses dit nie eens probeer nadoen nie, want hulle was vol swere. Die swere het op al die Egiptenaars uitgekom, ook op die towenaars.
12Tog het die Here die farao nog steeds koppig laat bly. Hy het nie aan Moses en AĂ€ron se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf vir Moses gesĂȘ het.
13Daarna het die Here vir Moses gesĂȘ: âStaan mĂŽreoggend vroeg op en gaan na die farao toe en sĂȘ vir hom: So sĂȘ die Here die God van die HebreĂ«rs: Laat my volk gaan om My te dien,
14anders gaan Ek jou hierdie keer met 'n groot ramp tref en ook jou amptenare en jou mense. Dan sal jy besef dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.
15Na regte moes Ek nou al my hand uitgesteek het en jou en jou mense met 'n pes van die aarde af uitgewis het.
16Daar is net een rede waarom Ek jou nog laat lewe, en dit is dat Ek jou my mag kan wys en my Naam daardeur oor die hele wĂȘreld geroem kan word.
17Nog steeds hou jy jou groot teen my volk en laat jy hulle nie gaan nie.
18MĂŽre hierdie tyd gaan Ek 'n verskriklike swaar haelstorm laat losbars soos daar nog nooit in die bestaan van Egipte was nie.
19Laat nou al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid bring. Al die mense en diere wat buite is en nie onder dak gebring is nie, sal deur die hael doodgeslaan word.â
20Die amptenare van die farao wat bang geword het toe hulle hoor wat die Here gesĂȘ het, het haastig hulle slawe en vee onder dak gebring,
21maar dié wat hulle nie aan sy woorde gesteur het nie, het hulle slawe en vee buite laat bly.
22Toe het die Here vir Moses gesĂȘ: âSteek jou hand in die lug op dat daar hael oor die hele Egipte kan kom oor mens en dier, en oor al die plante van Egipte.â
23Toe Moses sy kierie in die lug opsteek, het die Here donderslae en hael gestuur, en die blitse het tot op die grond geslaan. Die Here het die haelstorm oor Egipte laat losbars.
24Die hael het geval; tussen die hael deur het die een blits op die ander gevolg, so erg soos dit nog nooit was vandat daar mense in Egipte woon nie.
25Die hael het die hele Egipte getref, alles wat buite was, mens en dier. Al die plante is deur die hael weggeslaan, selfs al die bome is in repe geslaan.
26Net in die Gosenstreek, waar die Israeliete was, was daar nie hael nie.
27Die farao laat roep toe vir Moses en AĂ€ron en sĂȘ vir hulle: âNou erken ek ek was verkeerd. Die Here het reg, ek en my mense is skuldig.
28Bid tog tot die Here. Die donderslae en hael is vir ons te erg. Ek sal julle laat gaan. Julle hoef nie langer te bly nie.â
29Toe het Moses vir hom gesĂȘ: âSodra ek uit die stad is, sal ek my hande in gebed na die Here uitsteek. Dan sal die donderslae ophou, en daar sal nie meer hael wees nie, dat u kan besef dat hierdie land aan die Here behoort.
30Wat u en u amptenare betref, ek weet u het nog nie ontsag vir God, die Here, nie.â
31Die vlas- en die garsoes is vernietig omdat die gars in die aar en die vlas in die knop was,
32maar die koring en die sorghum is nie vernietig nie omdat dit later ryp word.
33Moses is van die farao af weg uit die stad uit, en hy het sy hande in gebed na die Here uitgesteek. Die donderslae en die hael het opgehou en die stortbuie het bedaar.
34Toe die farao sien die reën, hael en donderslae hou op, het hy maar weer verkeerd gedoen. Hy en sy amptenare was onversetlik.
35Die farao het koppig gebly en die Israeliete nie laat gaan nie, soos die Here vooraf deur Moses gesĂȘ het.