Afrikaans 1983 Bible - 52 verses
1Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer.
2Daar het ook FariseĂ«rs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: âMag 'n man van sy vrou skei?â
3Hy het daarop vir hulle gevra: âWat het Moses julle beveel?â
4âMoses het toegelaat dat iemand 'n skeibrief opstel en skei,â het hulle geantwoord.
5Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âDit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het.
6Maar van die begin af, van die skepping af, âhet God hulle man en vrou gemaak.â
7âDaarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe,
8en hulle twee sal een wees,â sodat hulle nie meer twee is nie, maar een.
9Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.â
10In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra.
11Hy sĂȘ toe vir hulle: âElkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou.
12En as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.â
13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas.
14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesĂȘ: âLaat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
15Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.â
16Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelĂȘ en hulle geseĂ«n.
17Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy knieĂ« en vra Hom: âGoeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?â
18Daarop sĂȘ Jesus vir hom: âWaarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen.
19Jy ken die gebooie: âJy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflĂȘ nie,â jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder. â
20âMeneer,â sĂȘ hy vir Hom, âdit alles het ek van my kinderdae af nagekom.â
21Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesĂȘ: âNet een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hĂȘ. Kom dan terug en volg My!â
22Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
23Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sĂȘ vir hulle: âHoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.â
24Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sĂȘ toe verder vir hulle: âKinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom.
25Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.â
26Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesĂȘ: âWie kan dan gered word?â
27Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: âVir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.â
28Petrus sĂȘ toe vir Hom: âKyk, Ăłns het alles verlaat en ons volg U.â
29Jesus antwoord: âDit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie,
30of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.
31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.â
32Op pad Jerusalem toe het Jesus voor hulle uit geloop. Dit het die dissipels verontrus en die mense wat agterna gekom het, laat bang word. Toe het Hy weer die twaalf opsy geneem en hulle begin vertel wat met Hom gaan gebeur:
33âKyk, ons gaan nou Jerusalem toe. Daar sal die Seun van die mens aan die priesterhoofde en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom aan die heidene uitlewer.
34DiĂ© sal met Hom spot en op Hom spoeg en Hom slaan en Hom doodmaak. En drie dae later sal Hy uit die dood opstaan.â
35Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, kom toe na Jesus toe en sĂȘ vir Hom: âHere, ons wil graag hĂȘ U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.â
36âWat wil julle hĂȘ moet Ek vir julle doen?â het Hy hulle gevra.
37Hulle het Hom geantwoord: âWanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.â
38âJulle weet nie wat julle vra nie,â sĂȘ Jesus vir hulle. âKan julle die lydensbeker drink wat Ek drink, of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?â
39âOns kan,â sĂȘ hulle vir Hom. Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âDie beker wat Ek drink, sal julle drink, ja, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word.
40Maar om aan my regter- of my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir diĂ© vir wie God dit gereed gemaak het.â
41Toe die tien ander dit hoor, was hulle verontwaardig oor Jakobus en Johannes.
42Jesus roep hulle toe nader en sĂȘ vir hulle: âJulle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik.
43Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees;
44en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.
45Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.â
46Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en 'n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar 'n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad.
47Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: âJesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!â
48Baie mense het met hom geraas en gesĂȘ hy moet stilbly. Maar hy het al hoe harder uitgeroep: âSeun van Dawid, ontferm U tog oor my!â
49Jesus het gaan staan en gesĂȘ: âRoep hom nader.â Hulle roep toe die blinde man en sĂȘ vir hom: âHou moed! Staan op! Hy roep jou.â
50Hy het sy bokleed net daar gelos en opgespring en na Jesus toe gegaan.
51Jesus vra vir hom: âWat wil jy hĂȘ moet Ek vir jou doen?â âRabboeni,â sĂȘ die blinde man vir Hom, âdat ek kan sien.â
52Jesus sĂȘ daarop vir hom: âJy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.â Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.